Wednesday 6 February 2013

Nuwejaarsvoorneme

Hoekom wag vir honderde dae voor jy besluit om groot veranderinge in jou lewe te maak.  Miskien nie groot veranderinge nie, maar darem iets wat 'n verskil gaan maak.  Om die die 1ste Januarie te doen impliseer dan nou seker dat dit vir 'n hele jaar moet hou.  En dan vir ewig en altyd.  Ek reken dit sal beter wees vir meeste mense om dit die eerste dag van elke maand te doen, of elke tweede maand. 

Dit is 'n goeie ding om groet doele te stel, maar vir baie mense beteken dit net hulle gaan vinniger opgee omdat hulle nie glo hulle kan daai groot doele bereik nie.

So as jy besluit om op 'n dieet te gaan die 1ste januarie en net 15 dae hou is 15 dae al wat jy kry vir die hele jaar miskien.  Aan die ander kant as jy elke 2 maande herevalueer en oor begin kan 15 dae van disipline darem lei na 90 dae 'n jaar.  Dis nie 365 nie, maar dis beter as 15.

Daar's nik fout daarmee om swakker te wees as ander nie; wees net realisties en objektief daaroor en probeer die meeste kry uit wat jy het om te gee.  En wie weet, dalk word jy sterker met tyd.